Artikel 235 van die grondwet lees soos volg:

Artikel 235 van die grondwet lees soos volg:

“The right of the South African people as a whole to self determination, as manifested in this Constitution, does not preclude, within the framework of this right, recognition of the notion of the right of self determination of any community sharing a common cultural and language heritage, within a territorial entity in the Republic or in any other way, determined by national legislation.“

Soos jy seker weet is die klousule deur die VF in 1994 beding. Verder het die ANC ‘n 35% steun vir selfbeskikking gestel voor die 1994verkiesing as bewys dat daar genoegsame steun vir selfbeskikking is. Ook is daar ‘n drie-ledige skriftelike ooreenkoms tussen die ANC, NP ( as die wettige regering op daardie stadium ) en die VF op 23 April 1994 aangegaan dat self beskikking in die toekoms aangespreek kan word. Die VF het 37 ½% steun die verkiesing behaal. Met die sertifisering van die 1966 Grondwet is daar aanvaar dat selfbekikking ‘n reg is. Bewese steun vir selfbeskikking is dus nou nie meer nodig nie.
‘n Wet op Selfbeskiking moet nou geskryf word om uitvoerin aan die laaste vier woorde van art 235 te gee. Die skryf van die wet moes natuurlik eintlik 17-18 jaar gelede ‘n aanvang geneem het maar NIEMAND het dit gedoen nie ! Dit is waar die NBR hom nou mee besig hou.

Tydens die onderhandelinge met die ANC deur die Volksfront was daar heeltyd gepraat van ‘n referendum oor selfbeskikking onder diegene wat dit sou wou gehad het.
Met die gesloer in die onderhandelinge en om te verseker dat die April 1994 nie uitgestel gaan word nie is daar tussen die ANC en die VF ooreengekom dat ‘n 35% steun in die 1994 verkeising genoegsame bewys sou wees dat daar mense is wat selfbeskikking wil hê.
Die VF het toe 37 ½% steun in die 1994 verkiesing verkry en daarmee is die beginsel van selfbeskikking gevestig.

Met die sertifisering van die Grondwet deur die Grondwetlike Hof is die reg op selfbeskikking ook aanvaar. Dus geen referendums, geen meerderheid, geen nodigheid vir saamstaan en al die verskonings wat die draadsitters alewig wil voorhou hoekom selfbeskikking nie moontlik is nie.

Jaap Kelder

Enjoyed this post? Share it!

 

Leave a comment