Pikswart Donker Nag op die Volksakker

Dit is pikswart donker nag op die Volksakker, omdat mense ophou praat het agv n 100 jaar se gepolitiekery waar politici alles vir en namens ons doen.

Na 20 jaar van liberale oorheersing is ons op die randjie van uitwissing, behalwe vir n paar naguile wat roep.

 

Wat gaan ons Volk se toekoms wees ?

 

Gaan die paar naguile terroristebendes word soos sommige volke in die wereld. OF,

Sal daar n herlewing kom soos by die Skotte, Kataloniers, en ook by ander volke, met n strewe na een of ander vorm van selfbeskikking ?

Herken die Verenigde Nasies nie die reg op selfbeskikking nie ? En, so ook ons land se grondwet !

Eis die Jode en Moslems nie hul reg op selfbeskikking op om self hul eie skole in ons land te vestig en te bestuur nie ?

Wat wil ons in ons dorpe, stede en vir ons land hê ? Oorheersing deur die liberaliste of die reg om self te besluit m.a.w. selfbeskikking oor sake wat ons direk raak ?

So, hoekom begin ons dan nie te dink, praat en te droom van wat ons in ons eie dorp wil hê nie ? Miskien die reg om in ons eie taaltradisie deur ons eie sataliet woonbuurt munisipale kantoor bedien te word ? Kan ons inwonersvereniging in ‘n Heemraad saamwerk in ons gedeelde woonbuurt belang ? Die een gefokus op regte, en die ander een gefokus op die mag van die staat.

Sal daar vir ons voordele wees indien ons georganiseerd raak, teenoor die huidige wat die armes binne die wet van ons swaar verdiende belastinggeld beroof ? Ek praat nie eers oor die patetiese drinkwater, en oor Eskom nie. Nog minder oor die verval van ons woonbuurt se infrastruktuur. Hoekom moet ander dorpe se raadslede en munisipale amptenare vir en namens ons besluit ?

Of moet ons aanvaar dat ons magteloos is, en dat ander woonbuurt en taalgemeenskappe nie ons voorbeeld gaan volg om die huidige ondemokratiese stelsel te verander nie ?

Enjoyed this post? Share it!

 

Leave a comment