Waarheen moet Afrikaners Trek

Mense se omstandighede verskil soms net so radikaal as wat die mense se geaardhede verskil.
Wanneer ‘n mens enigiets beplan waar “mense” by betrokke is, moet jy daardie faktor deeglik in aanmerking hou.
Ek wil nou ondermeer verwys na mense se reaksies op ons versoeke dat hulle (ons eendersdenkende volksvriende) na die vryheidsgebied moet verhuis.
Die blankes in Suid-Afrika maak ‘n groot verskeidenheid van die totale bevolking uit. Benewens die taal- en kultuurverskille, het ons ook agtergrond- en opvoedingsverskille.
* As ek myself as ‘n voorbeeld kan gebruik: Ek het in die Kalahari grootgeword, en ‘n groot deel van my algemene kennis gaan oor die lewe in daardie uitgestrekte rooi woestynsandwêreld. As ek my kennis met ‘n mede-volksgenoot deel wat in Pretoria, of Johannesburg, opgegroei het, sal hy nie alles verstaan nie, en moontlik my verhale uiters vervelig vind. Net so sal ek sekere gedeeltes van sy verhaal vervelend vind.
Ek loop al ‘n lang pad met die gedagte van “afskeiding” in my hart. Vandat ek my verstand gekry het, meer as 65 jare gelede, het ek besef dat mense verskil, en alle mense kan nie, en hoef nie, noodwendig saam in een land te woon nie.
Daar waar ek die eerste lig gesien het – die Oos-Kaap – was die blankes gewoond aan die Xhosas, wat vir die blankes gewerk het. Kinders, en veral kleuters, verstaan nie altyd die dinge van die “grootmense” (volwassenes) nie, maar kinders besit die vermoeë om soms fyn waar te neem. Ek kon agterkom dat daar verskille tussen swart en wit was (nie net die huidskleur nie, maar ook opvoeding, mentaliteit, en vele meer).
Toe my ouers in 1950 uit die Oos-Kaap na die suidooste van Namibië verhuis het, was my karrakter klaar gevorm. (Ek kon lekker tande tel wanneer die grootmense gesels het).
Die politiek van daardie jare was in Namibië (eers Duitswes genoem, en toe later Suidwes) net so woes soos in die Unie van Suid-Afrika. Die manne het soms hard vuis geslaan op openbare vergaderings.
Die een groep is Natte genoem, en die ander groep was Sappe. Kan jy nou dink!!! Bloedbroers, maar hulle verskil soos geswore vyande. Ja, selfs broers kan met mekaar verskil!
* Ons sit vandag – 2015 – met ‘n soortghelyke probleem. Ons VERSKIL van mekaar. Sommige volksgenote wil net daar op hul Bosveldplasies sit, en weier om te trek. Sy plaas is deel van sy eie volkstaat.
Daar is nog ander verskille ook. Sommige “volkstaters” wil hul volkstaat in die noorde van die RSA hê; ander wil vir Pretoria, en so ‘n klein stukkie van die Natalse kusgebied daarin hê. Nog ander wil dat die Suid-Kaapse kus (of die Tuinroete) deel van sy vryheidsgebied moet wees.
En dan is daar daardie volksgenote wat DEMOGRAFIE as baie belangrik beskou.
Ek persoonlik heg ook groot waarde aan demografie, aan veiligheid, en aan vryheid. Daarom ondersteun ek die gebied wat ons sommer net die Noordweskaap noem. Maar, ek heg ook groot waarde aan die gebied wat as die Tuinroete bekendstaan.
Vir my – en vir vele ander volksgenote – is demografie baie belangrik. Ons MOET net eenvoudig ‘n MEERDERHEID in eie gebied wees, anders help dit niks. Die provinsie Noord-Kaap het sowat 1,5-miljoen inwoners, waarvan 250 000 blank is; 300 000 swart is; en ongeveer 1-miljoen bruin is. As mens die groot dorpe, soos Springbok, Upington, De Aar, en Kimberley uit ons gebied weglaat, word die demografie onmiddellik veel beter vir ons.
Die Noordweskaap, wat 3 distrikte van die provinsie Wes-Kaap insluit, lê in die sentraal Karoo en die Weskus. Die gebied is sowat 120 000 vk/km, en sluit ongeveer 105 dorpe in – van groot dorpe met 15 000 inwoners, tot gehuggies waar een of twee gesinne woon.
Aangesien volksgenote van mekaar verskil, en nie almal van dieselfde klimaat hou nie, sal vele die koel seelug van die Weskus verkies; ander sal in die Sentraal-Karoo met wolskape wil boer; en nog ander sal meer van die Oranjerivierstreek hou.
* Diegene wat verkies om langs, of naby, die rivier te woon, kan kies tussen Marydale; Prieska; Douglas; Hopetown; Orania; en Vanderkloof.
* Diegene wat graag langs die Olifantsrivier en die Doringrivier wil bly, kan kies tussen Koekenaap; Lutzville; Vredendal; Spruitdrif; Klawer; Trawal; Clanwilliam; en Doringbos.
* En diegene wat liewer teen die see wil woon, kan tussen die volgende dorpe kies: Hondeklipbaai; Groenriviersmond; Strandfontein; Doringbaai; Lambertsbaai; en Elandsbaai.
* Dan is daar die dorpies wat van 10km tot 100km weg van die see lê: Kamieskroon; Garies; Bitterfontein; Nuwerus; Vanrhynsdorp; en Citrusdal.
* Sommige mense verkies om op ‘n klein Karoodorpie te gaan woon: Loeriesfontein; Brandvlei; Van Wyksvlei; Copperton; Vosburg; Britstown; Strydenburg; Petrusville; Philipstown; Loxton; Carnarvon; Williston; Nieuwoudtville; Sutherland; Fraserburg; en Calvinia.
** Daar is ook ‘n wye keuse vir diegene wat nie in die Noordweskaapse volkstaatgebied belangstel nie. Vir diegene wat nie demografie as baie belangrik beskou nie, maar wat groter waarde heg aan die natuur, die ekonomie, en aan toerisme.
Vir diesulkes sou ek die volgende dorpe aanbeveel: Struisbaai; Waenhuiskrans; Bredasdorp; Witsand; Swellendam; Heidelberg; Riversdale; Grootjongensfontein; Stilbaai; Albertinia; Gouritsmond; Vleesbaai; Danabaai; Mosselbaai; Hartenbos; Groot Brakrivier; Heroldsbaai; George; Wildernis; Sedgefield; Knysna; Plettenbergbaai; Keurboomstrand; Joubertina; Kareedouw; Cape St Francis; Oesterbaai; St Francisbaai; en Jeffreysbaai.
*** Ondersteuners van die Tuinroete moet net een ding onthou; dit sal BAIE MOEILIK wees om ‘n meerderheid in hierdie gebied te skep, aangesien daar reeds tienduisende swartes woon, en nog veel meer bruines.
Ek hoop die gemiddelde leser het nou ‘n idee gekry van hoe die vurk in die hef steek. Daar is nie veel tyd oor nie, en ons sal moet vinnig besluit wat ons gaan doen. Wil ons in die noorde en ooste van die RSA woon, waar die swart meerderheid tot 10 keer, en selfs tot 20 keer meer as die blankes is; of gaan ons na die Suid-Kaap trek, waar die blankes omtrent 20% van die bevolking uitmaak; of gaan ons na die Noordweskaap trek, waar ons ‘n meerderheid kan word, as ons wil.
Peter Murray

Miskien moet ons weer na die kaart kyk wat die Britte op ons afgedwing het…

bondstaat2  10390358_10202148429015446_2573580512206604035_n

 

Enjoyed this post? Share it!

 

Leave a comment